‘n Vrou (23) is in hegtenis geneem vir kinderverlating nadat ‘n mangoplukker ‘n baba op 3 Oktober langs ‘n stroom gevind het.
Die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is na die toneel in Oaklandsrylaan in Dawncrest, KwaZulu-Natal, ontbied.
Die drie maande oue meisie is ondersoek en daar is gevind dat sy in goeie gesondheid verkeer. ‘
‘n Vroulike beampte het die huilende baba gevoed met ‘n bottel wat vanaf die Rusa-hoofkwartier na die toneel gestuur is.

‘n Nota, wat vermoedelik deur die ma geskryf is, is ook in die sak gevind.
Volgens die nota het die ma versoek dat die nowerhede ingeroep word. Sy het gesê dat die stelsel haar in die steek gelaat het toe sy ‘n aborsie wou ondergaan
Sy het ook gevra om nie geoordeel te word nie.
Geen verdere besonderhede van die baba of die pa is gevind in die nota wat in Engels geskryf is nie.
Die vrou is gearresteer nadat sy haarself gewillig aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorgegee het ná ‘n openbare herrie op sosialemediaplatforms in Suid-Afrika.
Die ma is aangekla en het vandag in die Verulam-landdroshof verskyn. Sy is borgtog van R500 toegestaan.
Die saak is tot 10 November 2022 na die B-hof uitgestel.




