‘Ek is verskriklik berouvol’: Will Smith vra om verskoning oor Oscars-klap

“Ek het op my eie ‘n keuse gemaak uit my eie ervarings, uit my geskiedenis met Chris. Jada het niks daarmee te doen gehad nie.”

'Ek is verskriklik berouvol': Will Smith vra om verskoning oor Oscars-klap

'Ek is verskriklik berouvol': Will Smith vra om verskoning oor Oscars-klap foto: MSN

Die Amerikaanse akteur Will Smith het vroeër vanjaar wêreldwyd opslae gemaak toe hy die komediant Chris Rock by die Oscar-toekennings geklap het omdat hy ‘n grap oor sy vrou, Jada Pinkett Smith, gemaak het.

Vier maande ná die voorval het die King Richard-akteur ‘n verskoningsvideo aan Rock op Instagram geplaas.

In sy emosionele video het Smith gesê hy het probeer om na die komediant uit te reik, maar het hom nie in die hande gekry nie.

In sy emosionele verskoningsvideo vra die 53-jarige akteur om verskoning aan Rock se familie, spesifiek sy ma en broer.

“Daar is geen deel van my wat dink dit was die regte manier om op daardie oomblik op te tree nie. Daar is geen deel van my wat dink dit is die optimale manier om ‘n gevoel van disrespek of beledigings te hanteer nie,” het Smith gesê.

“Ek het op my eie ‘n keuse gemaak uit my eie ervarings, uit my geskiedenis met Chris. Jada het niks daarmee te doen gehad nie.”

Smith se lang video sluit af met ‘n verskoning aan diegene wat teleurgesteld gevoel het oor sy optrede en voeg by dat hy dit “haat” om mense in die steek te laat.

“Dit maak my sielkundig en emosioneel seer om te weet ek het nie gestand gedoen aan mense se beeld en indruk van my en die werk wat ek probeer doen nie. Ek is diep berouvol sonder om vir myself skaam te wees, of hoe? Ek is ‘n mens en ek het ‘n fout gemaak en ek probeer om nie aan myself te dink as ‘n stuk k** nie.”

Bronne: MSN, The South African, Newsweek, Instagram

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Will Smith ‘sien’ voor Oscars-klap hy gaan sy loopbaan verloor

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.