Paul Kruger vandag 197 gelede gebore

Deel hierdie storie / Share this story

Vandag, 197 jaar gelede, is Stephanus Johannes Paulus Kruger op Steynsburg gebore.

In 1842 het hy met Maria du Plessis getrou. Hulle het een seun gehad. Na haar en die seuntjie se dood is hy met haar niggie, Gezina du Plessis getroud. Hulle het sewe dogters en nege seuns gehad.

Paul Kruger is op die ouderdom van 57 as staatspresident van die destydse Suid-Afrikaanse Republiek verkies. Hy was een van die dominante politieke en militêre figure in die geskiedenis van die land.

Die Nasionale Krugerwildtuin en die Krugerrand is na hom vernoem na sy dood in 1904 in Clarens, Switzerland.

“Neem uit die verlede dit wat goed is en bou die toekoms daarop,” was een van Kruger se gunstelingslagspreuke.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel