Die mooie Melinda Bam en die aantreklike Adriaan Bergh gaan binnekort vir die eerste keer ouers word.
Bam het in 2019 ná nege en ‘n half weke ‘n miskraam gehad.

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en voormalige Mnr. Suid-Afrika, Adriaan Bergh, het dié nuus Sondag op Instagram bekendgemaak.
“Wanneer die begeertes van ons harte, God se wil en God se tydsberekening perfek ooreenstem, skud die aarde, lig stroom in en die hemele juig!” het sy in die onderskrif geskryf.
“Pappabeer, hier is dit nou! @adriaanbergh, ek kan nie wag vir die grootste avontuur nog nie, langs mekaar!” het sy bygevoeg.
“Dankie vir elke persoon wat vir ons gebid het, ingeboek het, saam met ons vertrou het. Hy het geantwoord in ’n Goddelike en volmaakte wonderwerk!”
Die paartjie het in 2008 by die Universiteit van Pretoria ontmoet en in 2013 hul verlowing aangekondig.
Hulle is in 2014 getroud.




