Verminkte kinderliggaam sonder hande, bene gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng ondersoek ‘n moordsaak nadat die verminkte liggaam van ‘n kind in Tamboville, Ekurhuleni, gevind is.

Polisiewoordvoerder, kol. Mavela Masondo, sê ‘n inwoner het Dinsdag die polisie en bure gebel nadat hy ‘n paar tone gesien het terwyl hy sy werf gevee het.

Hulle het toe ’n kind se been gekry, maar die gruwel het nie daar geëindig nie.

Die polisie was besig om die toneel te ondersoek, toe hulle ingelig is oor die liggaam van ’n kind in ’n oop veld, sowat 800 meter van die huis waar die been gevind is,” het Masondo gesê.

“Met aankoms op die tweede toneel het die polisie ‘n verminkte kinderliggaam gevind, sonder bene en ‘n hand.”

Hou FiND iT dop vir meer inligting.