Brug tussen Rusland en Krim aangeval, 8 gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

Rusland het bekendgemaak dat agt mense gearresteer is in verband met die aanval op die brug tussen Rusland en Krim (Crimea).

Die FSB-sekuriteitsdiens het gesê vyf van diegene wat gearresteer is, is Russies, terwyl die ander van Armenië en Oekraïne is.

Rusland het eers Oekraïne vir die aanval blameer, maar laasgenoemde land het gesê dis “onsin”.

Die nuus van die arrestasies volg kort na berigte dat sewe mense glo dood is in ‘n aanval in ‘n mark in Avdiivka. Agt mense is glo beseer in dié aanval.

Bronne: BBC, Brussels Reporter, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Poetin beskuldig Oekraïne van aanval, ontploffings volg in Kijif