Koning Charles sal glo vir vyf jaar verhinder word om na Buckingham-paleis te trek weens die opknapping van £369 miljoen wat aan die gang is.
Die koning en sy vrou sal eerder 400 meter verder by Clarence House woon vir drie dae per week en in Windsor-kasteel vir twe, terwyl hulle naweke sal deurgebring in Sandringham, Norfolk, volgens The Sun.
‘n Bron het Vrydag aan die publikasie gesê Charles se verhuising na die paleis is vertraag: “Opknapping is baie ver agter skedule, maar die monarg behoort in Buckingham-paleis te woon. Dit is die hart van die monargie in Londen, anders loop dit die risiko om net ‘n toeriste-aantreklikheid te word. Ons het effektief ’n koning sonder ’n paleis om in te woon.”
Werkers is net halfpad deur ‘n 10 jaar-opknapping van die paleis, wat die aanbring van nuwe elektrisiteit, loodgieterswerk en verwarming sal insluit, en wat die paleis tot 2027 onbewoonbaar sal maak.
Bronne: BANG Showbiz, The Sun
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Koning Charles wil ‘n ‘moderne kroningseremonie hê’



