Vrou en hond byna maand vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Ashleigh Crosbie (50) en haar geliefde hond is al byna ‘n maand vermis.

Crosbie is die laaste keer op 19 September omstreeks 13:00 in die Brooklyn-area in die rigting van Tableview gesien.

Sy het ‘n swart broek en swart hemp aangehad.

Volgens Tracey Jean Franco het sy sedertdien nog geen kontak met haar familie of vriende gemaak nie “en dis glad nie in haar aard om net te verdwyn nie.”

Crosbie ry met ‘n geleende ou BWM met silwer weerskante van die deure en registrasienommer CA 591135.

Enigiemand wat inligting oor Crosbie het, kan Tracy e-pos by [email protected]

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel