‘n Pastoor in Diepsloot, Gauteng, is Vrydagaand tussen ongeveer 21:00 en 22:00 geskiet en lede van die kerk beseer in ‘n rooftog wat by die kerk plaasgevind het.
Na bewering het ongeveer vyf gewapende mans tydens ‘n deurnagbiddiens die kerk binnegestorm en lukraak op kerkgangers begin skiet. Hulle het glo met persoonlike besittings van die kerkgangers weggekom.
Die pastoor het aan sy wonde in ‘n mediese fasiliteit beswyk waar twee van sy kerklede ook vir hul beserings behandel is.
Lt.genl. Elias Mawela, polisiekommissaris in Gauteng, het Saterdagaand in ‘n onderhoud met eNCA die voorval bevestig.
Genl. Mawela sê polisielede is besig met die ondersoek en versoek dat gemeenskapslede die oë en ore van die polisie moet wees en met inligting na vore moet kom wat met die ondersoek kan help.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



