Robbie Coltrane (72), die Skotse ster wat wêreldberoemd is vir sy rol as Hagrid, die geliefde Hogwart gamekeeper van Harry Potter, het glo 24 uur per dag met pyn gelewe. Die akteur het gesondheidsprobleme gehad, hy was met osteoartritis gediagnoseer.
Die laaste “amptelike” foto van hom is by ‘n spesiale funksie Return to Hogwarts tydens die 20ste herdenking van Harry Potter geneem.
Op die foto kan gesien word hoe hy met sy medester Emma Watson by ‘n tafel sit en gesels.
Anthony Robert McMilan, Coltrane se regte naam, se dood was onverwags.
Lees Emma Watson se boodskap:

Bronne: Daily Mail en Daily Mail Australia
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



