Streng waterbeperkings vir ses munisipaliteite ingestel

Deel hierdie storie / Share this story

Rand Water het gisteraand vanaf 20:00 streng waterbeperkings vir die volgende munisipaliteite aangekondig:

Stad van Johannesburg

Stad van Ekhurhuleni

Stad van Tshwane

Rand West Local Municipality

Mogale City Local Municipality en

Rustenburg Local Municipality

Makenosi Maroo, woordvoerder vir Rand Water, sê watervloei-beheer sal toegepas word totdat die sisteem wat onder druk is, herstel het.

Afwisselende watervoorsiening sal toegepas word indien verbruikers nie hul verbruik verminder nie. Munisipaliteite is aanbeveel om waterbeperkings deur bywette in te stel en dit te monitor.

Om die situasie te probeer verbeter, is maatreëls voorgestel wat bepaal dat geen grasperke besproei mag word, of motors sowel as sypaadjies gewas word nie.

Maroo verduidelik dat die benarde situasie ontstaan het as gevolg van hoër waterverbruik en aanvraag sedert die lenteseisoen aangebreek het.

Ongeveer 17 miljoen mense word deur die beperkings beïnvloed.

Indien jy in ‘n ander provinsie of dorp geleë is en ook waterbeurte of inperkings ervaar laat asseblief van jou hoor.

Fotokrediet Rand Water
Fotokrediet Rand Water

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel