Kyk video: Parkour-entoesiaste sit onnodige ligte in Parys af

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n video wat op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe ligte in Parys, Frankryk, wat buite winkels brand en onnodig energie vermors summier afgesit word.

Jong aktiviste van The parkour collective, On the Spot, gebruik parkour-superhero-aksies, wat deursettingsvermoë en ratsheid vereis, om hierdie ligte, wat deurnag brand en energie vermors, af te skakel, terwyl die land ‘n energiekrisis ondervind.

Hadj Benhalima(21) het hierdie tweede lig vir die aand, van ‘n haarkapper, 10 voet bokant die grond, afgeskakel.

Hierdie akrobatiese aksies van afskakeling vind al vir die afgelope twee jaar in Parys plaas. ‘n Lid van On the Spot, Kevin Ha, sê hulle beskadig nooit eiendom nie en is slegs daarop uit om prakties iets aan ligbesoedeling te doen.

Parys se gewilde landmerk-museums se ligte word deesdae wel vroeër afgesit maar winkels se ligte bly aan en dit is waar hierdie jong mense oorgaan tot aksie.

Bronne New York Times, Environmental Health News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel