Man sedert Julie vanjaar vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om die vermiste Snethemba Shimora Mqadi (28) van Hibberdene, KZN, op te spoor.

Volgens die polisie het hy op 10 Julie vanjaar sy huis verlaat om na sy werk in Durban te gaan, maar hy het nooit daar opgedaag nie.

Hy is in die Mthwalume-area gesien en het ‘n donkerblou broek, ‘n T-hemp en tekkies aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 084 303 8405 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel