AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor SA se oop grense bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Die tweede episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel.

Dié episode getiteld “The Carjacker’s Carnival” fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika en Mosambiek oorgrensmisdaad aanvuur.

Die film ondersoek die gevolge wat deur gewone Suid-Afrikaners in die gesig gestaar word as gevolg van die gemak waarmee die grens onwettig oorgesteek kan word, sowel as wat vrywilligers doen om misdaad te bekamp deur buurtwagte en ander burgerlike veiligheidstrukture op die been te bring.

“Dit was uiters inspirerend om te sien hoe burgerlikes besluit het om hierdie uitdaging aan te pak deur hul eie gemeenskappe te beveilig,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid en regisseur van die dokumentêr.

“AfriForum het 159 buurtwagte landswyd en baie van hierdie burgerlike veiligheidstrukture val in grensgebiede. Hierdie vrywilligers moet daagliks oorgrensmisdaad beveg en ons is baie trots daarop dat hierdie film kan wys hoe effektief hulle is,” sluit Broodryk af.

Een van die hooftemas in hierdie episode is hoe gesteelde en gekaapte voertuie oor die grens gesmokkel word, in ander Afrika-lande herverkoop word en dikwels weer na Suid-Afrika teruggesmokkel word.