Tydens ‘n argument het ‘n man van Kerala, Indië, glo sy vrou se een hand en die vingers van haar ander hand uit woede afgesny.
Die gemeenskap het gesê Pradeep en sy vrou Manju het vir dae baklei. Een het vertel hy het na hulle huis gejaag toe hy hoor van die argument en Manju in ‘n plas bloed gekry. Daar is met haar na ‘n hospitaal gejaag en die dokters het glo haar hand probeer vaswerk.
Die paar se dogter het probeer intree tydens die argument en het ligte beserings in die proses opgedoen.
Pradeep het van die toneel af gevlug.
Bronne: IOL, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kyk: Video’s wys glo sekuriteitsmagte in Iran skiet op mense vanaf trok



