Student dood na agtervolger haar glo voor trein instoot

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Indiese vrou, Sathya Priya (20) is glo deur haar agtervolger voor ‘n trein ingestoot toe hy haar Donderdag voorgekeer en ‘n argument tussen hulle in Chennai, Bengale, uitgebreek het.

Die verdagte, identifiseer as Satish, het Sathya glo vir ‘n jaar geteister en agtervolg voor hy haar Donderdag vermoor het. Hy het van die toneel gevlug, maar is Vrydag gearresteer.

Sathya se pa is gehospitaliseer vir borspyn na hy uitgevind het sy dogter is dood. Hy het Vrydag na ‘n hartaanval in die hospitaal gesterf.

Bronne: The Quint, India Today

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Indiese man sny glo vrou se hand af tydens argument