Steve Biko eis antwoorde oor foutiewe MRI-skandeerder

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Biko- akademiese hospitaal ondervind tans ‘n probleem met hul MRI-skandeerder wat gereeld uitwissings maak. Hulle eis antwoorde van die maatskappy wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die masjien.

Lovey Mogapi, kommunikasiebestuurder van die hospitaal, sê die hospitaal het die instandhoudingsmaatskappy gekontak om ondersoek in te stel. Volgens die maatskappy is die probleem as gevolg van onstabiele kragtoevoer.

“As hospitaal eis ons antwoorde en verdere gesprekvoering omdat ons heeltemal vrygestel is van beurtkrag en dit dus nie die probleem van die masjien kan veroorsaak nie,” verduidelik dr. Mathabo Mathebula, die hoof- uitvoerende beampte van die hospitaal.

“Daarbenewens het die betrokke masjien sedert 2006 nog nooit ‘n probleem gehad nie, selfs in gevalle waar elektriese toevoer om watter rede ook al onderbreek is.”

Die hospitaal wag vir ‘n geloofwaardige verduideliking voordat hulle bykomende geld bestee en vra verskoning aan gesondheidsgebruikers vir die ongerief wat deur hierdie probleem veroorsaak is.

“MRI-skanderingsdienste vir pasiënte is steeds toeganklik deur Kalafong- provinsiale tersiêre hospitaal. Ons sal voortgaan om ons belanghebbendes in hierdie verband ingelig te hou,” sluit dr. Mathebula af.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel