Die polisiekommisaris in Gauteng, genl. Elias Mawela, het bevestig ‘n lid van die filmspan wat tydens die Krugersdorp-verkragting aangeval is, is gearresteer.
Die polisie sê van die items wat tydens die rooftog gesteel is, is glo in haar huis gevind.
Die vrou is ‘n voormalige polisiebeampte en word van diefstal en regsverydeling aangekla. Sy het glo die filmspan gehelp om die ligging vir die musiekvideo te kies.
Die vrou het Woensdag in die hof verskyn vir haar borgaansoek. Sy bly steeds in aanhouding. Die saak is uitgestel tot 28 November.
Bronne: eNCA, Jacaranda FM, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Nog ‘n verdagte gearresteer in Krugersdorp-verkragting



