
Terwyl die tweede hittegolf in ‘n kort tyd provinsies in ‘n knelgreep het, is dit belangrik om te weet op watter tekens van hitte-uitputting/ hitteberoerte jy moet let..
Ekstra sorg moet aan babas en bejaardes geskenk word tydens uitermatige hittetoestande.
Trek ook koeler klere aan.
Hitte-uitputting/ hitteberoerte vind plaas wanneer die liggaam homself nie meer kan afkoel nie. Dit moet in ‘n baie ernstige lig beskou word.
Tekens sluit volgens die departement van gesondheid die volgende in:
*Hoopyn
*Naarheid
*Duiseligheid
*Swakheid
*Geïrriteerdheid
*Dors
*Vermindering van urine-afskeiding
*Verward, geestelike verandering, tong wat sleep
*Verloor bewussyn
*Warm, droë vel of oormatige sweet
*Aanvalle
*Hoë liggaamstemperatuur
Dit kan fataal wees as behandeling vertraag word.
Wat kan jy doen om so ‘n persoon te help?
*Verwyder die persoon van die warm area en gee vloeistowwe om te drink
*Verwyder onnodige kledingstukke, wat kouse en skoene insluit
*Sirkuleer lug om die persoon om verkoeling te bespoedig
*Plaas koue, nat lappe of ys op die kop, nek, armholtes en dye of maak die persoon se klere nat
*Moedig die persoon aan om kort-kort klein slukkies koue water te drink
Neem die persoon vir mediese hulp so gou as moontlik terwyl hierdie stappe uitgevoer word.
Onthou ook om na jou diere te kyk in hierdie hitte.
Lees meer hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



