Hawaise hoenderpizza

Deel hierdie storie / Share this story

Maklike resep vir Hawaise hoenderpizza.

Jy het nodig (vir 6 porsies):

2 koppies hoender, in repies gesny
12 dik snye witbrood of potbrood
botter om die brood te smeer
1 koppie gerasperde ui
1 koppie gerasperde tamatie of ’n blikkie heel Italiaanse tamaties, kleiner gesny
sout en swartpeper na smaak
1 x 440 g-blik pynappelblokkies, goed gedreineer en in kleiner stukkies gesny
2 koppies gerasperde cheddar- of mozzarellakaas

Maak so:

Druk ’n sirkel uit elke sny brood met ’n groot koppie of glas.
Rooster die brood aan albei kante deur dit ’n paar minute oor warm kole te plaas.
Wees versigtig om nie die brood te brand nie.
Smeer botter op die een kant en verdeel die ui en tamatie tussen die snye.
Strooi sout en peper oor, rangskik die hoender en pynappel op die brood en strooi die kaas oor.
Maak ’n paar pizzas op ’n slag deur dit op ’n vel swaardiensfoelie op ’n rooster oor vuurwarm kole te plaas.
Haal dit met ’n eierspaan van die vuur nadat die kaas gesmelt het.

Bron: wegry.co.za
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK