Hitte en diere: Voorsorgmaatreëls

Deel hierdie storie / Share this story

Met die huidige hittegolf wat die land knel, is dit nie net mense wat daaronder deurloop nie, maar ook diere, omdat hulle nie vir hulself kan praat nie.

Elma Nel, DA-raadslid van Wyk 54, sê diere-eienaars moet onthou om ys te maak vir diere se waterbakke. Omdat ys so vinnig smelt, is haar raad om die ys in plastiekglase en ,-bakkies te maak sodat dit groter ysblokke is wat diere in die weer koel kan hou.

Diere moet ten alle tye genoeg drinkwater en toegang tot skaduwee hê. Hulle moet nooit in ‘n warm voertuig gelaat word, op ‘n warm teerpad loop of oormatig aktief wees in die hitte nie.

Fotokrediet Vetsnow

Indien jou troeteldier swaar asemhaal of hul tandvleise verkleur, kontak dadelik jou veearts omdat dit tekens van hitte-uitputting is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel