President Cyril Ramaphosa het in die nuutste ministeriële handboek wat op 13 April gepubliseer is hierdie verandering per minister per huis aangebring.
Dit beteken dat ministers nie meer langer net R5 000 per maand betaling vir hulle nutsrekening vanuit belastingbetalers se sakke gaan ontvang nie, maar sou die rekening nou meer as R5 000 wees, dit in totaal ook namens hulle betaal gaan word.
Belastingbetalers wat al droog en opgebruik is, gaan nou ministers se hele persoonlike huishoudelike water- en ligterekeninge moet betaal.
So moet 28 ministers en 36 adjunk-ministers se 126 huise, waarvan elkeen van hulle op twee geregtig is van belastingbetalersfondse, in Kaapstad en Pretoria, se water- en elektrisiteitsrekeninge ook deur belastingbetalers betaal word.
Dis benewens toelae vir amptelike vervoer, medies en ander voordele, terwyl hulle astronomiese salarisse ontvang.
Lees die volledige verklaring ten opsigte van die aangeleentheid deur die Demokratiese Alliansie hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



