Polisiebeampte afgedank na hy tiener in McDonald’s-parkeerarea skiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiebeampte in San Antonio, Texas, is afgedank nadat hy ‘n tiener in ‘n McDonald’s se parkeerarea geskiet het.

Die tiener (17), is in die hospitaal met verskeie skietwonde. Die polisiebeampte, identifiseer as James Brennand, het Sondag om 22:45 by die McDonald’s aangekom na ‘n oproep oor ‘n moontlike steurnis.

Terwyl Brennand inligting by getuies gekry het, het hy ‘n motor opgemerk wat hom die vorige dag ontduik het toe hy dit wou stop omdat die nommerplaat nie ooreenstem met die voertuig nie.

Brennand het die voertuig genader, die deur oopgeruk en die tiener beveel om uit te klim. Die tiener en ‘n 17-jarige meisie was besig om hamburgers te eet. Die tiener het agteruit gery en die deur het Brennand getref.

Brennand het toe op die tiener begin skiet terwyl dié probeer vlug het. Die tiener en die meisie is ‘n blok verder gevind. Die meisie was nie beseer nie, maar haar vriend wel. Daar was aanklagte teen die tiener, maar dit is laat vaar. Nog geen klagtes is teen Brennand ingebring nie.

Bronne: BBC, NBC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verpleegster het babas vergiftig met insulien, hoor hof