Is jy ‘n sportliefhebber? Ry jy fiets, draf jy en geniet jy ‘n lekker “trial run”?
Dan moet jy op 29 en 30 Oktober deel wees van die Kelrn MTB wat 4.5 km buite Barkly-Wes, by Kerln Vervoer, aangebied word!
Daar is R50 000 op die spel, asook kontantpryse, ‘n gelukkige trekking en vele meer.
Waaraan kan jy deelneem?
Op Saterdag 29 Oktober is die 30 km, asook 60 km bergfietswedrenne. Die “trial run” van 5 km en 13.5 km word ook op Saterdag aangebied.
Saterdag is daar net een 35 km bergfietswedren.
Die hele gesin is welkom, met stalletjies wat verversings, asook vermaak, bied. Daar is ook veilige kinderaktiwiteite wat onder toesig plaasvind.
Vanjaar vind dié wedrenne vir die negende keer plaas. Dit het begin as ‘n Kelrn-fondsinsamelingsprojek, waarvan alle winste ten bate van kindersorg aangewend word.
In 2012 het Kerln ongeveer 1 200 besoekers, 126 drawwers wat die “trial run” gedoen het en 700 bergfietsinskrywings gehad.
Kerln kon R510 000 aan Makarios, Reach for a Dream, Christina Kiddie, Jannie Roux-kampus, Caritas en Building a Future skenk.
Inskrywingsfooie vir 2022 is as volg:
Saterdag
12 km MTB – R 80
30 km MTB – R150
60 km MTB – R200
5 km Fun Run – R 60
13.5 km Trail Run – R 120
Sondag
35 km MTB – R100
Vooraf-inskrywings kan tot 25 Oktober op die webwerf by https://kelrnmtb.net gedoen word. Laat inskrywings sal om 06:00 op die perseel open die oggend van die wedren – teen ‘n laat-inskrywingsfooi van R50 ekstra.
Die MTB vind saam met ‘n jaarlikse Kersmark plaas wat vanaf 22 tot 30 Oktober strek. Daar sal allerlei lekkernye, geskenke en handgemaakte goedere te koop wees. Die Kersmark is oop vanaf Saterdag 22 Oktober tot Vrydag 28 Oktober om 10:00 tot 18:00 en Saterdag 29 Oktober tot Sondag 30 Oktober vanaf 08:00 tot 15:00.
As jy meer inligting oor die Kersmark benodig, kan Joy de Kock by 082 450 7912, of [email protected] gekontak word.



