Sahpra en die WGO waarsku die publiek teen moontlik besmette gesondheidsprodukte.
Suid-Afrika, soos die res van die wêreld, word ernstig gewaarsku oor twyfelagtige gesondheidsprodukte waarmee die Indiese maatskappy, Maiden Pharmaceutticals in New Delhi, handel dryf.
Die produkte, wat nie veilig is of vir gebruik in Suid-Afrika geregistree is nie, verskyn op die Wêreldgesondheidsorganisasie se produktelys.
Alhoewel die produkte in Gambië, ‘n Wes-Afrika-land geïdentifiseer is, bestaan ‘n moontlikheid dat dit reeds na ander lande versprei kan wees.
Die produkte wat nie gebruik moet word nie, is:
Promethazine Oral Solution
Kofexmalin Baby Cough Syrup
Makoff Baby Cough Syrup
Magrip N Cold Syrup
Volgens Sahpra se Facebook-blad is 33 kinders in Gambië reeds aan nier-verwante siektes dood wat met die medikasie verbind kan word. Elders word gesê dat ongeveer 69 kinders reeds gesterf het.
Daar is bevind dat die produkte ‘n onaanvaarbare hoeveelhede diethylene glycol en entylene glycol ,wat giftige stowwe, wat bewys is om noodlottig te wees, bevat. Die feit dat dit vir kinders toegedien word, word in ‘n baie ernstige lig beskou.
Die giftige effek wat hierdie medisyne met inname kan inhou, sluit, maagpyn, naarheid, diarree, onvermoë om te urineer, hoofpyn en ‘n veranderde geestestoestand, asook akute nierbeserings wat tot die dood kan lei, in.
Sahpra waarsku die publiek moet seker maak dat indien hierdie medikasie in hul besit is, dit nie gebruik word nie en veral nie vir kinders nie.
Indien jy die produk in jou huis het, kontak dringend die Regulatory Compliance Unit by: [email protected] of 012 015 5434

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



