Noord-Kaapse burgemeester betaal vulstasie ná ‘misverstand’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Noord-Kaapse burgemeerster wat beskuldig is dat sy ‘n vulstasie verlaat het sonder om te betaal, het die aantygings ontken.

ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Maryna Basson, is daarvan beskuldig dat sy ‘n Engen-vulstasie verlaat het sonder om te betaal terwyl sy met haar amptelike voertuig gery het.

Die munisipaliteit het gesê dit was bloot ‘n “misverstand” tussen die petroljoggie en die burgemeester.

“In ‘n misverstand tussen die bestuurder van die voertuig en die vulstasie-joggie is die rekening nie vereffen nie, aangesien die bestuurder onder die indruk was dat die burgemeester in die motor betaal het en die joggie onder die indruk was dat die bestuurder binne betaal het.

“Toe hierdie fout deur die eienaar van die vulstasie opgemerk is, is reëlings getref dat die rekening so gou moontlik betaal word,” het die munisipaliteit in ‘n verklaring gesê wat op sy Facebook-rekening geplaas is.

Die munisipaliteit het gesê die burgemeester was nie bewus daarvan dat die brandstof nie betaal is nie.

“Die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit kan bevestig dat die uitvoerende burgemeester, rdl. Maryna Basson, persoonlik die eienaar van die vulstasie namens die bestuurder om verskoning gevra het.”

Bronne: IOL, Sport Far Jam

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Video’s wys hoe Iranse tiener voor haar dood betoog