‘n Pedofiel is lewenslange tronkstraf opgelê vir ‘n reeks seksmisdade teen diere en kinders ná die polisie video’s waarin hy sy hond misbruik op sy selfoon ontdek het.
Douglas Moore (34) is op 24 aanklagte van verskeie seksmisdade, onder andere seks met ‘n dier, skuldig bevind.
Volgens Daily Mail is hy verlede Woensdag by die Manchester Minshull Street Crown-hof in Manchester, Engeland gevonnis.
Die polisie het glo “verskriklike” video’s van die seksmisdade op sy selfoon ontdek.
Verdere ondersoek het daarop gedui dat Moore ook ontmoetings beplan het sodat hy honde en kinders kon misbruik en ook beeldmateriaal met ander misbruikers kon uitruil.
Hy is nou verbied om ooit weer ‘n hond te besit en sal vir die res van sy lewe in die seksmisdadigersregister wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



