‘Fiks en gesonde’ ma van vier dood langs driejarige gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van vier is dood langs haar driejarige dogtertjie ontdek.

Nicole Barnes (29) se liggaam is by haar huis in Huyton, Liverpool, Engeland, ontdek na sy nie opgedaag het om haar ouer kinders by die skool op te laai nie.

Haar liggaam is op die bank in haar sitkamer gevind na onderwysers haar lewensmaat, Craig Sharnock (36), gebel het om te vra hoekom sy nie by die skool opgedaag het nie.

Sy laat haar dogtertjies Delilah (3) en Nieve (10), en seuns Scott (7) en Tom (5) agter.

Die oorsaak van die ma se dood is nog nie bekend nie.

Haar familie sê sy was “fiks, gesond en daar was niks fout met haar nie”.

‘n GoFundMe-veldtog is begin om haar vier kinders te ondersteun en meer as R300 000 is reeds ingesamel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel