Doen jy gereelde selfondersoek en/ of laat neem jy elke jaar ‘n mammogram?
Borskanker is volgens die Kankerereninging van Suid-Afrika die algemeenste kanker wat vroue in Suid Afrika affekteer.
Een uit elke 27 vroue loop die risiko om volgens die Kankerregister (2019) kanker op te doen. Die vereniging is veral bekommerd oor vroue wat eers in die laat stadium van borskanker opdaag, wat ‘n prognose bemoeilik.
Navorsing het bewys die vinnigste en maklikste uitskakeling van die siekte is deur selfondersoeke.
Onthou, nie alle knoppe is kanker nie, maar moet wel ondersoek word.
Daarom is dit belangrik om inligting in te win en na waarskuwingstekens en simptome op te let.
Servikskanker, wat ook ‘n groot probleem onder vroue is, word onderskat en vroue word aangemoedig om jaarlikse papsmeertoetse te ondergaan.
Selfs Burre Burger ondersteun die belangrike maand met ‘n spesiale hemp.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



