Jacob Zuma berei voor om joernalis en staatsaanklaer aan te vat

Deel hierdie storie / Share this story

Jacob Zuma, wat amptelik vrygestel is van korrektiewe toesig ná sy vonnis van 15 maande vir die versuim om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en korrupsie te verskyn, het in ’n goeie bui by die hof opgedaag en ondersteuners gegroet.

Die voormalige president het Downer en Maughan daarvan beskuldig dat hulle die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag oortree het weens die beweerde lekkasie van sy private mediese rekords.

Maughan het ‘n dringende hofaansoek gebring om die vervolging te stop, maar Zuma is daarteen gekant. Dit beteken nou dat dit op ‘n bestrede rol gesit sal word en moontlik eers later vanjaar aangehoor sal word.

Downer het ‘n soortgelyke aansoek ingedien – en dit is vir Desember vanjaar vasgestel.

Bronne: Times LIVE, EWN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Harvey Weinstein se hofsaak begin in Los Angeles