Madonna het skynbaar uitgekom as “gay” in ‘n nuwe TikTok-video.
In die video het Madonna ‘n paar stukke helderpienk onderklere vasgehou met die opskrif: “As ek mis, is ek ‘gay”.
Sy gooi dan die onderklere in die rigting van ‘n asblik en mis dit met ‘n redelike afstand. Die video eindig waar sy haar skouers ophaal.
Sosialemediagebruikers het kommentaar gelewer om te vra of sy nou net haar seksualiteit bevestig het terwyl ander gesê het sy het al in die verlede gesê sy hou van beide mans en vrouens.
@madonna ♬ original sound – nudy georges
Bronne: Lad Bible, The Sun, TikTok
Lees ook: Fase 2-beurtkrag begin vandag



