Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag sal inskop daagliks vanaf 16:00 vandag tot 00:00. Die beurtkrag sal voortduur van vandag tot Woensdag.
“Sedert Saterdag is twee opwekkingseenhede by Kriel en ‘n eenheid elk by Kendal-, Komati-, Lethabo-, Majuba- en Matla-kragstasies terug in diens. ’n Opwekkingseenheid elk by Kendal- en Kusile-kragstasies is van lyn af geneem vir herstelwerk,” het Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, gesê.
“Ons het tans 5 487 MW aan beplande instandhouding, terwyl nog 14 061 MW se kapasiteit onbeskikbaar is weens onklaarrakings,” het Mantshantsha gesê.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vrees jy vir jou yskas met beurtkrag?



