Opvolg: Jong dame wat op dak val na ongeluk, oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Tatum Hendricks is as die voetganger geïdentifiseer wat gistermiddag dood is nadat ‘n motor haar in Bluegumlaan, Bonteheuwel in die Wes-Kaap raakgery het en sy met die impak van die ongeluk op die dak van ‘n huis geval het. Die voertuig het daarna in huise se mure ingery.

Kyk hier na ‘n hartroerende video oor Tatum Hendricks se matriekafskeidvoorbereiding wat op sosiale media gedeel word:

https://web.facebook.com/100014959636053/videos/856028132432633/

Angus Mckenzie, DA-wykraadslid, sê die somtotaal van dom en onverantwoordelike besluite het gister tot die jonge Tatum se dood gelei.

“Daar word beweer dat ‘n jong ongelisensieerde individu sy pa se motor gesteel het en die voertuig roekeloos onder die invloed van drank bestuur het.”

Hy het klaarblyklik In Soetdoringstraat in ‘n hek vasgery, waarna gehoor is hoe hy die versneller trap en in Bonteheuwellaan afgejaag het.

“Hy het glo beheer oor die voertuig verloor, en eers ‘n manlike individu gestamp, toe vir Tatum en daarna in twee eiendomme in Bluegumlaan ingery.”

Tatum is so hard gestamp dat haar liggaam tot bo-op ‘n huis se dak geslinger is.

“’n Onbekende paramedikus wat van diens af was het gewerk om haar aan die lewe te hou totdat nooddienste op die toneel opgedaag het.”

Sy is saam met die ander voetganger wat gestamp is, sowel as die bestuurder wat hulle gestamp het en uit die voertuig gesny moes word, hospitaal toe vervoer.

“Ons innige simpatie gaan uit aan die familie en goeie vriende nadat sy voor 02:00 vanoggend dood verklaar is. Die optrede van die bestuurder kan nie ongestraf bly nie. Hierdie gedrag het groot pyn vir die familie, vriende en groter gemeenskap veroorsaak.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel