Die familie van Mahsa Amini, die 22-jarige vrou wat oorlede is in polisieaanhouding, ontvang glo doodsdreiegmente en is gewaarsku om nie by die optogte betrokke te raak nie.
Mahsa is oorlede na drie dae in ‘n koma na sy gearresteer is omdat sy nie haar hidjab reg aangehad het nie.
Haar neef het vertel dat hulle familie nie toegelaat word om oor haar dood te praat nie.
Hy het ook gesê hulle familie ontvang doodsdreigemente en is gewaarsku dat hulle nie betrokke moet raak by die optogte nie of hulle kan dalk hulle lewens verloor.
Omtrent 185 mense, 19 van hulle kinders, is oorlede in die optogte ná Mahsa se dood. Haar doodsertifikaat sê glo sy is dood van ‘n siekte, maar dit is nie wat haar familie glo nie.
Bronne: BBC, Iran Wire
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Sowat 19 kinders dood in Iran-optogte



