Twee mans is Woensdag in Victoriastraat, Kampsbaai, doodgeskiet.
AO Joseph Swartbooi, provinsiale polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê lede het ongeveer 15:40 op die liggaam van ‘n onbekende man met skietwonde afgekom. Tydens deursoeking van die area het die polisie op nog ‘n man met skietwonde in sy liggaam afgekom.
Beide die mans is op die toneel dood verklaar.
Onbekende verdagtes het van die toneel gevlug. Die motief vir die aanval is onbekend en nog geen arrestasies is gemaak nie.
Twee moordsake word deur die Kampsbaai-polisie ondersoek.
Enigiemand met inligting aangaande die insident word versoek om met hul naaste polisiestasie in kontak te kom, of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel of van die MySAPS-toepassing gebruik te maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



