Kyk na die video en foto’s in die berig.
Prince George Drive, Cape Town. Man shot dead in his car. Another wounded. Motive unclear. pic.twitter.com/K61zhHxQ7M
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 6, 2022
Yusuf Abramjee het die video gedeel van ‘n man wat in Prince George-rylaan, Kaapstad, in sy motor doodgeskiet is.
Nog ‘n persoon is in die skietvoorval beseer.


Voorlopige verslae dui aan dat twee mans, onderskeidelik 33 en 37-jaar oud, om ongeveer 11:47 op die hoeke van Retreatweg en Prince Georgerylaan, Steenberg, Wes-Kaap binne ‘n voertuig aan skietwonde dood is.
Kaptein Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap sê misdaadtoneeldeskundiges is steeds besig om die gebied vir leidrade te fynkam.
Lede van die Steenberg-polisie het na ‘n klagte van ‘n skietvoorval gegaan. Met hul aankoms op die toneel het hulle ‘n swart Mercedes Benz gevind met twee liggame van die oorledenes binne in.
Omstandighede rondom die skietvoorval word ondersoek, maar daar is ‘n moontlikheid dat die motief dalk bendeverwant kan wees.
Onbekende verdagtes het van die toneel gevlug en nog geen arrestasies is gemaak nie.
‘n Dubbele moord en vier poging tot moord dossiere sal na die teen-bende-eenheid oorgeplaas word vir verdere ondersoek.
Enigiemand met inligting oor hierdie noodlottige skietvoorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



