Man glo lewendig na lykshuis gestuur: ‘Sy oë was nog oop’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Hospitaal word tans ondersoek na ontstellende beweringe dat ‘n pasiënt steeds lewendig was toe hy na ‘n lykshuis gestuur is.

Die 55-jarige man was in palliatiewe sorg by die Rockingham General-hospitaal in Perth, Australië, toe verpleegsters glo gedink het hy is dood en hom in ‘n lyksak gesit het.

‘n Dokter by die hospitaal het die staat gevra om die voorval te ondersoek na hy glo deur senior personeel by die hospitaal gevra is om die man se doodsertifikaat te verander.

Die hof het bevestig die saak word ondersoek.

Die aand van 5 September het verpleegsters geglo die man is dood en sy familie van sy “dood” ingelig voor hy na die lykshuis vervoer is.

Die volgende dag, toe ‘n orgaanskenkingsmaatskappy die hospitaal gekontak het vir toestemming om sy organe te gebruik, is ‘n dokter gevra om ‘n doodsertifikaat uit te reik.

Toe die dokter die lyksak oopmaak, was die man se oë nog oop.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel