Soos voorheen berig, het die NSRI Sondagmiddag om ongeveer 14:00 ‘n noodoproep ontvang van ‘n verdrinking op die Kleinmond-hoofstrand.
Marno-lee Oerson (17), ‘n skoolseun van Montagu, was deel van ‘n CSV-skoolgroep en het saam met vriende tot by ‘n sandbank geswem. Hulle het glo op die sandbank gestaan toe Marno-lee sy balans verloor en deur die water meegevoer is.
Hy het op 22 November 2019 sy suster in ‘n Facebook-plasing gelukgewens met haar 18de verjaarsdag en ook gesê dat dit die datum is waarop sy oorlede is.
Dit het intussen aan die lig gekom dat sy ook tragies verdrink het toe sy net 10 jaar oud was.
“Vandag Vrydag 22 November is dit 8 jaar sedert ek my sussa verloor het. Jah wel sy het ‘n kort lewe gehad, maar sy het die meeste daarvan gemaak. Die verlange is baie erg, maar ek weet daar waar jy nou is, is jy gelukkig en ek wil nou hierdie oomblik van stilte gebruik om vir haar baie geluk te sê op haar 18de verjaarsdag. Mis so so baie. #RIP (sussa) love ya”
Sedert Sondag is intensief na die vermiste 17-jarige seun gesoek, maar tot dusver was daar geen sukses nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



