Kyk: Voertuie vlieg oor sirkel in Port Elizabeth

Deel hierdie storie / Share this story

Port Elizabeth Traffic Updates het twee dae gelede ‘n video op hul Facebook-blad geplaas waarin ‘n voertuig, Volkswagen Polo, sonder om snelheid te verminder, in aantog na ‘n kruising in Gomerystraat,, bo-oor ‘n verkeersirkel vlieg.

“In PE we don’t go around them…. We go over them baba… This is final boarding call for flight Polo taking off on Gomery Avenue✈️✈️

Yesterday morning Gomery & Strandfontein Summerstrand”

In daaropvolgende kommentaar is gekla dat daar nie duidelike padmerkers en padaanwysings is nie en ook dat die verkeersirkel eers onlangs opgerig is.

Daarna het sosialemediagebruikers die volgende herinnering van 26 Maart geplaas om te wys dat die sirkel nie nuut is soos wat beweer word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel