Vrou vas na moord in Ierland in 2014

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (42) is Dinsdag deur die Valke en die polisie in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder vir die Valke, sê Ruth Sharon Lawrence (42) sal vandag in die hof verskyn in verband met die moorde op Eoin O’Conner en Anthony Keegan.

O’Conner en Keegan is in 2014 in Ierland vermoor.

Volgens kapt. Singo het Lawrence landuit gevlug na die twee slagoffers se dood.

Interpol het ‘n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik.

Die Valke het Woensdag 28 September inligting ontvang oor Lawrence wat glo in Pellisier, Bloemfontein was en sy is in hegtenis geneem.