Passasier sterf aan hartaanval op vliegtuig

Deel hierdie storie / Share this story

Nooddienste het vanoggend na Heathrow-lughawe gejaag na ‘n vroulike passasier op ‘n vlug aan ‘n hartaanval dood is.

Volgens die Daily Mail is die Londense ambulansdiens na die Heathrow-lughawe uitgeroep.

Twee paramedici en ‘n beampte het die vrou op die vliegtuig na landing ondersoek.

Sy is dood verklaar na sy blykbaar ‘n hartaanval gehad het.