Nie vir sensitiewe lesers nie!
In ‘n video wat vanaf ‘n ongelukstoneel gedeel is, word daar hulp gesoek vir passasiers wat by ‘n huurmotorwrak sit of lê nadat dit vanoggend op die R59-hoofweg in Brackendowns, Alberton gerol en op sy sy tot stilstand gekom het.
ER24 en ander nooddienste het om 07:13 op die toneel aangekom, waarna beseerdes geëvalueer is.
‘n Man en ‘n vrou is reeds dood verklaar weens hulle beserings, drie mans was in ‘n kritieke toestand, terwyl tien ander beserings opgedoen het. Beseerdes is op die toneel behandel terwyl krities-beseerde passasiers gevorderde lewensondersteuning ontvang het. Beseerdes is na hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.
Ander wetstoepassingsagentskappe het die toneel besoek om ondersoek na die ongeluk in te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



