‘n Nuwe wetsontwerp oor die beheer van binnehuise rook is verlede maand goedgekeur vir voorlegging aan die parlement.
As die wetsontwerp deur die parlement goedgekeur word, kan dit onwettig word om binnehuis te rook, in ‘n motor of by die huis van ‘n nie-roker. Dit sal ook onwettig wees om te rook naby ‘n nie-roker of kind.
’n Opsomming van die wetsontwerp, in ooreenstemming met Reël 271 van die Nasionale Vergadering, is in September in die Staatskoerant gepubliseer. Dit sê:
• Rook sal binnehuis in openbare plekke 100% onwettig wees
• Die verkoop van sigarette deur verkoopoutomate (vending machines) sal verbode wees
• Grafiese gesondheidswaarskuwings moet op verpakkings aangetoon word
• Uitstallings by verkooppunte sal verbode wees
E-sigarette sal gereguleer word. Advertensies en bemarking van e-sigarette sal nie so vrylik gedoen word soos dit tans is nie, volgens dr. Catherine Egbe, ‘n spesialis-wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad.
Die damprook-industrie (vaping) wil hê ondernemings moet die wetsontwerp teenstaan en dat die tesourie verdere marknavorsing moet doen oor die implikasie van die wetsontwerp.
Bronne: eNCA, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Binnehuise rook dalk binnekort verbied



