Tia Mowry en Cory Hardrict skei na 14 jaar

Deel hierdie storie / Share this story

Tia Mowry het Dinsdag op haar Instagram aangekondig sy en haar man van 14 jaar, Cory Hardrict, gaan skei.

Saam het die Amerikaanse akteurspaar twee kinders – Cree wat 11 is en die 4-jarige Kaïro.

Tia soek glo gesamentlike fisiese en wettige toesig oor haar twee kinders.

Sy het ook die hof gevra om sy vermoë om huweliksondersteuning aan een van hulle toe te ken, te beëindig, aangesien die egpaar ‘n huweliksvoorwaardekontrak het.

Sy het “onversoenbare verskille” as die rede vir die skeiding aangevoer.

Bronne: Eyewitness News, Instagram, CNN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte