‘n Man (37) van Oos-Londen is Dinsdagmiddag op die toneel waar ‘n 3-jarige seuntjie se liggaam gevind is, in hegtenis geneem.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die seun se liggaam is in die bosse van die Bhongweni-lokasie ontdek.
Die verdagte, wat glo die kind se ma se kêrel is, het die seuntjie glo omstreeks 15:30 gaan haal, hom na nabygeleë bosse geneem en sy keel afgesny.
Lede van die gemeenskap wat glo gesien het toe hy die bosse binnegaan, het die polisie in kennis gestel.
Die motief after die moord is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



