Wie het Jeffrey Dahmer vermoor en hoekom?

Deel hierdie storie / Share this story

Die reeksmoordenaar Jeffrey Dahmer is weer op almal se lippe ná die nuwe Netflix-reeks, Monster: The Jeffrey Dahmer Story, vrygestel is.

Dahmer is in 1994 in die tronk vermoor.

Wie het hom vermoor, en hoekom?

Christopher Scarver, ‘n swart gevangene wat saam met Dahmer tronkstraf uitgedien het, het hom in die tronk vermoor.

In ‘n onderhoud met The New York Post sê Scarver die moord op Dahmer was oor sy groeiende irritasie teenoor Dahmer wat in die tronk met sy kos gespeel het.

Hy sou glo stukkies van sy kos afsny sodat dit soos ledemate lyk en tamatiesous gebruik om dit bloederig te laat lyk. Hy het ook ander gevangenes daarmee geterg.

Scarver sê hy het nooit met Dahmer gekommunikeer nie. Toe Dahmer en ‘n ander gevangene, Jesse Anderson, egter een dag sonder boeie besig was om die badkamers skoon te maak, het Scarver die geleentheid gesien om beide dood te maak.

Scarver het ook aan The New York Post gesê die wagte het hom doelbewus alleen saam met Dahmer gelos omdat hulle “wou hê ek moes hom doodmaak”.

Na die moord op Dahmer is Scarver twee maal lewenslange tronkstraf opgelê. Hy is ‘n gevangene in die Centennial Correctional Facility in Colorado.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel