Beïndruk jou gesin met dié maklike nagereg met net drie bestanddele.
BESTANDELE:
3 pakkies kitspoeding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 – 2 pakkies Tennisbeskuitjies, cream crackers of vingerkoekies
250 ml room (styfgeklop)
METODE:
Pak Tennisbeskuitjies onder in bak. Smeer jou eerste laag poeding bo-op.
Pak weer beskuitjies.
Smeer tweede laag beskuitjies.
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding gebruik is.
Jy kan soveel lae pak soos jy wil.
Sit in yskas vir ten minste 6 ure of oornag.
VOOR OPDIENING:
Smeer styfgeklopte room bo-op.
Strooi sjokoladestukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper of sjokoladesous.
Wenk: Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik bv. vanielje, karamel en piesang. Dit sal die nagereg mooi laat vertoon.
Sprinkel ‘n bietjie Old Brown-sjerrie oor die koekies ook indien verkies.
Deur: Just 2 Sisters / Intiem Tydskrif
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



