Die 23-jarige beampte Alessandro Alveo Heynes is oorlede ná ‘n aanval wat Donderdag 29 September in Elsiesrivier plaasgevind het.
Stad Kaapstad sê in ‘n verklaring Heynes is dood aan ‘n ernstige kopbesering wat hy in die aanval opgedoen het.
Hy was nie aan diens toe die aanval plaasgevind het nie. Hy het iemand huis toe geneem na ‘n matriekafskeid toe hy van sy selfoon beroof is en geskiet is.
Hy is in die hospitaal oorlede.
Twee verdagtes was betrokke by die aanval. Een is in hegtenis geneem en die polisie is nog op soek na die tweede.
Heynes het as ‘n wetstoepasser vir Stad Kaapstad gewerk.
Lees die volledige verklaring hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



