Stormloop in sokkerstadion veroorsaak 125 se dood

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste 125 mense is oorlede in ‘n stormloop by ‘n Indonesiese sokkerstadion.

Die stormloop het plaasgevind toe die polisie traangas op aanhangers wat die veld binnegeval het, gespuit het.

Terwyl paniek toegeneem het, het duisende mense na die uitgange van die Kanjuruhan-stadion gestroom, waar baie versmoor het.

President Joko Widodo het beveel dat alle wedstryde van die Indonesiese topliga uitgestel moet word tot ‘n ondersoek uitgevoer is.

Bronne: BBC, India Times

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iran-optogte duur voort, 83 glo al dood