Maak reg vir ‘n warm week in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Temperature in Suid-Afrika gaan dié week hoog raak met sommige provinsies waarvan die temperature kan styg tot 40°C.

Brandwaarskuwings is ook uitgereik vir verskeie provinsies, insluitend die Noord-Kaap, Noord-Wes en die Vrystaat.

Op Dinsdag en Donderdag kan die temperature tot oor 40°C styg, maar dit is nie definitief nie.

Dinsdag word verwag dat die volgende plekke temperature van 40°C en hoër kan hê:

  • Abbey, Noord-Kaap
  • Marble Hall, Limpopo
  • Mmantserre, Noordwes
  • Musina/Beitbrug, Limpopo
  • Uitkyk, Noordwes
  • Sesobe, Noordwes

Donderdag word voorspel die volgende plekke kan temperature van 40°C en hoër hê:

  • Ezidulu, KZN
  • Kamhlushwa, Mpumalanga
  • Kwa Mayakazi, KZN
  • Musina/Beitbrug, Limpopo
  • Phalaborwa, Limpopo
  • Tugela Ferry, KZN

Bronne: News24, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Trevor Noah en Dua Lipa glo in verhouding